Monday, May 10, 2021

10 Mei 2021


 Ai outjie

Hoekom is dit vandag so moeilik vir hierdie mamma hart om te verstaan? Om normaal te klop Op te hou jaag. 

Hoekom is dit so moeilik om nie heeltyd daaraan te dink nie?  Hoekom is dit so moeilik om jou nie daar te sien elke keer as ek my oë knip nie.

Daar is die ding van tyd genees wonde. Maar sal hierdie rou seer ooit gesond of net beter raak?

Ek verstaan dat jy 2013 die besluit geneem het, en kan ek net wonder of jy dit regtig wou verander. Is dit nie wat jy wou gehad het nie. Jy wat so verantwoordelik was en so mooi met jou finansies gewerk het. Jy wat altyd gese het iemand anders gaan nie net jou goed eendag vat nie. Wou jy dit verander? Of het jy in jou agterkop geweet dat jou geld veilig sal wees by my? Dat ek vir jou kinders sal sorg?

Hierdie ding lê swaar op my. My gedagtes bly terug hardloop na die gesprekke wat ons hieroor gehad het.

Dit is vir my so seer. Al die geld in die wêreld sal jou nie eers vir 'n laaste drukkie en I love you terugbring nie.

Geld maak mense lelik. Ek voel ek kan sommer net alles so gee, laat hulle my net uitlos. Maar ai outjie, wat van jou kinders?

As ek jou net vandag kon vra wat jy sou wou gehad het.

My liefde vir jou sal nooit ooit ophou of minder raak nie. Die ander 2 kinders kon so kwaad raak, en het gese ek trek jou voor en jy kom met alles weg. Vir hulle is ek net so lief.