Tuesday, May 21, 2019

O alla nee nee

Hallo kieters en tanmpetjies!!
Weet julle net hoe deurmepaar was dit hierie tyd by ons. Sussa goete en boyfriend goete het toe mos besluit om blink nuwe klere te koop. Pappa en Mamma hardloop rond, almal moet ewe deftigrig lyk. Mamma raas so somper met almpal.
Sussa en boyfriend goete gaan mos nou uiteindelik daai ringe uithaal, solat sussa se van kan verander. Sy baklei so, want nou moet sy nuwe pampiere gaan maak by sukke anner plek.
Ooooo maar hierie huis was vir deurmepaar. Bokse, koeke wat ons nie eens mag geproe het nie. Swart sakke wat teen die kaste hang en Mamma raas somper as ek so saggies stap en net wil loer.
O nee !! Kleinboet goete ganie trou nie, ek het die hele nag in sy ore gekerm toe hy laaste hier gewees het.
Maar nou is my senuwese bietjie dunnerig. Net om te dink oor die goete, maak my skoon benoud. Ek is in elk geval nou homper en moeg.
So toodles tot later
Kietsie

Slim kietsies


Mamma drink koffie

Hallo my tannies en kat maaikies. Dit is nie lekker reg nie. Mamma het 'n nuwe besigheid begin en nou werkies sy aanmekaar op die tikkerding en kry ek nie kans om te kom vertel wat in hierdie huis aangaan nie.
So terwyl Mamma koffie drink, moet my pootjies vinnig tik.
Dis so bietjie deurpekaar hieso. Karools, Kerneels en Katinka het vir daai oom met die lang pyp in sy ore gaan kuier en toe hulle by hierie huisie kom toe huil en kerm hulle verskriplik in my ore. Ek moet net hulle se magies lek en koppietjies vryf. Mamma het ok gehelp, maar my jitte, ek was so verskriplik moeg in die aand.
Verder is dit so warm, die sonbedsies maak zzzzzzzzzzzzzzzzzz die hele dag. Nou het ek so hoopfpyn koppyn of iets ok nog.
Ekka is eintlik nou so bietjie moeg, ek gaan maar so biekie slaap op my kusing. Julle tannies weet mos ek is 'n hys katjie.
Toodles
Kiets