Tuesday, May 21, 2019

O alla nee nee

Hallo kieters en tanmpetjies!!
Weet julle net hoe deurmepaar was dit hierie tyd by ons. Sussa goete en boyfriend goete het toe mos besluit om blink nuwe klere te koop. Pappa en Mamma hardloop rond, almal moet ewe deftigrig lyk. Mamma raas so somper met almpal.
Sussa en boyfriend goete gaan mos nou uiteindelik daai ringe uithaal, solat sussa se van kan verander. Sy baklei so, want nou moet sy nuwe pampiere gaan maak by sukke anner plek.
Ooooo maar hierie huis was vir deurmepaar. Bokse, koeke wat ons nie eens mag geproe het nie. Swart sakke wat teen die kaste hang en Mamma raas somper as ek so saggies stap en net wil loer.
O nee !! Kleinboet goete ganie trou nie, ek het die hele nag in sy ore gekerm toe hy laaste hier gewees het.
Maar nou is my senuwese bietjie dunnerig. Net om te dink oor die goete, maak my skoon benoud. Ek is in elk geval nou homper en moeg.
So toodles tot later
Kietsie

No comments:

Post a Comment