Hallo my tannies en kat maaikies. Dit is nie lekker reg nie. Mamma het 'n nuwe besigheid begin en nou werkies sy aanmekaar op die tikkerding en kry ek nie kans om te kom vertel wat in hierdie huis aangaan nie.
So terwyl Mamma koffie drink, moet my pootjies vinnig tik.
Dis so bietjie deurpekaar hieso. Karools, Kerneels en Katinka het vir daai oom met die lang pyp in sy ore gaan kuier en toe hulle by hierie huisie kom toe huil en kerm hulle verskriplik in my ore. Ek moet net hulle se magies lek en koppietjies vryf. Mamma het ok gehelp, maar my jitte, ek was so verskriplik moeg in die aand.
No comments:
Post a Comment