Hallo tampetjies en katterkies
Ek het mos nou laaste vir julle 'n storietjie vertel, maar toe gebeur daar ietsie daar by die ding waar die prenkies uitkom, en toe vat ek maar my 4 voekies en loop saggies weg en gaan slaap in die boom.
Nou, toe is daar moeilikgeite, daai prenkies het deurmekaar geraak en toe breek die venster ding. Mamma noem dit so googga ding. O jaaaa google Toe bel sy sukke oompie om die prenkies weer te kom plak, en dat ek weer met julle tanniekies kan praat.
Maar toe spring daar 'n anner moeilikgeit uit die kas uit. Die gompies het gewerk want die prentkies werk nou weer maar daar sukke swart simpel ding langs die rekenaarpie en toe die prenkies nie werk nie, toe skop ek hom net da af. Dan kan mamma dink dit was sy skuld.
Gatta patta tannies, mamma het geweet dit was hy, want hy het so weggekruip dat mamma hom nie gekry het nie.
Maar toe werk die prenkies en ek kan nie met my maaikies kyer op facebook nie. Toe skop ek daai simpel sommer net daar uit onder die kas.
Nou werkpies alles weer en ek kan darem nou weer hier tikker terwyl mamma werpk.
Ek sal rerig nou eers moet gaan, ek werk te hard en is so verskriklik honger en moeg - seker halfuur laas geeet en van slaap nie gepraat nie!! En dit net om te vertel van die prenkies
No comments:
Post a Comment