Monday, March 11, 2019

Sjopnat

My jitte Kieter Katers,

Onse soorte hou mos nou nie van water nie. Ek en ander maakies en Mamma bly nou reets in die Kalahari sodat die reen nie baie vir ons kan pla nie. Ek en my maakies kry nie warem nie, ons slaap sommer by sukke ding wat saggies asemhaal en ons lekkerrrr koel blaas.

Maar die proebleem is dit reen nou hierso buite. As dit mos hierso reen dan spoel alles tot by 3 jaar terug weg. Die honne haeloop op en af in die huis en kef my kop somper seer. Dis net te erg vir 'n kiets se senuwese. Mamma moet gaan kyk of die visse in die dam nie verdrink het of in die pat afspoel nie.  Partykere swem hulle sommer in die akkerkie langs die dam. So verspot!  Dan moet Mamma hulle eers weer teruggooi.

Alles is nou nat nat nat. Dit het vreeslik geraas buite. Dit klink of iemant die wolke kwaat gemaak het. O jinne, hulle gooi somme sukke tantrums laat die bliksemstrale slaat.

Ek is regtig nou nie lus vir hierie storie nie. Ek gaan agter Mamma se kussings le en slaap, behalwe as die wolke nog so vir mekaar skree.

Ek hoop julle kietsies is darem droog

Toodles
Kiets


No comments:

Post a Comment