Julle mense tannies! Is ek nou somper moedeloos!
Sussa goete het mos nou besluit sy trou met boyfriend goete, maar storiekies moet ek so biekie biekie vertel, want dis vreeeeeslik baie.
Nou wil Mamma net hierie huis skoonmaak. Mure was, vensters was, ons beddens is sommer uitgeskud en gewas. Askies julle, kom ons maak gou bietjie skoon, kom le maar so biekie op Mamma se stoel. Alla mapstieks! 'n Kiets kan ook mos net soveel vat. Hele tyd op en af, heen en weer, Mamma dan Rose, Rose dan Mamma en Grace kom sommer ok.
O goeie aarde tannietjies, ek weet nie hoe my nerwe hierdie besigheid gaan hou nie. Dis te aller verskriklik.
Al wat Pappa heeltyd se - alles is net vol kathare - kathare is orals. Uhh? Maak hy dan nie ok vuil nie. Kom loop met sy vuil mynskoene op Mamma se skoon vloere. En daai badkamer!! Bloedrooi van die myn stof!!
Dis waar my storiekie van vanaand vandaan kom. Mamma het nou al so gekerm en gekla dat my ore nie meer kan hou, ek het al my pootjies bo oor my twee oorkies gesit, van al die gepraat oor daaai badkamer.
Toe kom Sussa hier aand, sy maak sukke goete aan, wat mens in sukke blou spuitbottel gooi, dan spuit jy nou daaai goete waar dit vuil is. Toe gaan Mamma en sy koop dit wraggies waar.
Toe Sussa en Boyfriend goete hier kom eet vanaand, sal Sussa nou nie so wraggies sommer daai goete aanmaak en aanspuit om vir Pappa te wys dit werk nie!! Ek loop op en af in die gang en ajiesh my asempies uit.
Ek le nou maar hier op my stoel met die kombers en kyk teevee. My senuwese kan ok nie soveel vat.
Ek sal maar more weer met julle tannies praat. Ek het nou eers 'n hoofpyntjie
Toodles
Kietsie
No comments:
Post a Comment